Die MK 4de Avontoer is bevestig en die stemmery vir die amptelike logo is reeds agter die rug.
Aan die einde van ‘n baie taai stemmery deur honderde fans het Die Pirate Squid gewen.
Die seerowerplekke op die bus is reeds uitverkoop, maar volg hierdie skakel om op die waglys te kom.
Nou toer ons…amper…
Die tyd het aangebreek vir Die MK Derde Avontoer en mens kan fisies nie dit misloop nie, want jy hoef nêrens heen te gaan nie, die pret kom na jou toe!
Vir volledige line-ups Click Hier
Bring vir ons daai horison…
Vir dié wat gewonder het waar Seerowers vandaan kom, is die MK Avontoer Docci die antwoord. Hierdie 4-deel dokumentêre program verduidelik die opkoms van die Seerowers van 2005 se Weskustoer, tot die fenomeen wat dit nou, op die vooraand van die MK Derde Avontoer, geword het.
Die program wys elke Dinsdagaand om 19:00, met heruitsendings die hele week.
Die MK Derde Avontoer is amptelik aan vir Desember.
Die plekke op die bus is reeds uitverkoop, maar daar is nog plekke op die waglys.
Kontak porra@dpk.co.za en hou http://www.dpk.co.za/ dop vir info oor watter bands saamgaan.
“Nou toer ons!”
Die nuwe DPK Seerower Site is aan die gang. Ons is stadig maar seker besig om al die Seerower profiles onder die fotoblad in te bou. Stories en herhinneringe kom nog.
Kom maak weer ‘n draai en lewer gerus ‘n bydrae. Die site is vir Seerowers, deur Seerowers.
Gees en Aaaaaarrrrghhhhhh!